What Happens to Flexibility As We Age?

A senior woman does stretching exercises on the floor.

Along with muscle mass and endurance, flexibility also decreases as we age. But like strength and endurance, flexibility too can be improved. Increased flexibility allows for more freedom of movement and greater range of motion. Areas to pay attention to are the neck, shoulders, elbows, wrists, hips, knees, and ankles.

What Happens to Endurance As We Age?

A senior couple on a walk through the countryside.

Just as muscle mass declines with age, so does endurance. The good news is that the body also responds to endurance fitness training such as walking. Any activity that increases heart rate and breathing for an extended period is considered endurance exercise. In addition to walking, swimming, cycling, dancing, and tennis are all endurance activities.

What Happens to Muscles As We Age?

A senior man works out with weights in the gym.

As we age, muscle mass decreases. Between the third and eighth decades of life, we lose up to 15% of our lean muscle mass, which contributes to a lower metabolic rate, as we get older. Maintaining muscle strength and mass helps burn calories to maintain a healthy weight, strengthens bones, and restores balance.

Ilona Williams

“I have mild osteoarthritis in my left arm and knee. I find that the Seniorfit60+ exercise program is so beneficial in helping with this because the movements are mild to moderate. There are other benefits as well like working on blood circulation and more. And all this to great music! Any senior would thoroughly enjoy this class.
Give it a try!”

Van Ma na dogter – 32 jaar se genotvolle oefening

“In 1984 het my Mammie, Beppie van de Linde, as een van die eerste lede in Parow (Wes-Kaap) aangesluit en wel by klasse van Instruktriese Ria Maritz.
Sy was toe 69 jaar oud en het ‘n baie aftiewe lid gebly tot en met 1999.
Die groepie was baie bedrywig nie net met saaloefeninge nie maar hulle het die klub verteenwoordig op vele dorpsfeeste asook by verskeie  privaat geleenthede waar hulle dan gevra is om op te tree.

In 2003 is my mammie oorlede en in 2004 het ek aangesluit en was Ria Maritz nogs steeds die instruktriese tot 2018 toe sy die leisels oorgegee het aan haar skoondogter,  Juliana Le Roux Maritz.
Daarna oefen Ria nou saam met ons onder Juliana se uitstekende leiding.

Met die Corona Pandemie het Juliana daarvoor gesorg dat ons weekliks visuele oefeninge gekry het.
Die ontelbare voordele van ons programme is wat verstand en liggaam nie net in balans bring nie maar ons beslis fiks en gesond hou.

Tydens die pandemie het ek ‘n ernstige bekkenbeenonsteking ontwikkel en volgens my dokter was my volkome vinnige herstel grootliks te danke aan die oefeninge wat ons doen.

Die feit dat lede nou eers op ouderdom 90 hul erelid- sertifikate kan ontvang dui daarop dat die groot getal 80 plussers, waarvan ek self nou een is, nog aktief oefen.

Ten laaste, tussen my Mammie en myself lê daar nou tenminste al 32 jare van heerlike aktiewe deelname.
My hartlike dank aan al die betrokkenes en Voorspoed vir die jare vorentoe.”

Coby van de Linde

Judith Barnard

“Die oefeninge beteken baie vir my emosioneel. Ek woon alleen en by oefeneningklasse sien ek mense en bou vriendskappe.”

Myra Ludik

“Ek woon klasse by vanaf 2013. Eers in Hartbeespoort tot 2016, daarna in Bellville se klas. Ek het die klas begin bywoon na ek uit die hospitaal gekom het en dit het my hele lewe verander. Ek het meer energie en voel n beter mens, fisies en psigies. Ek kan dit vir enigeen aanbeveel. Juliana is baie bekwaam en behulpsaam.
Dis die beste besluit wat ek ooit geneem het. Ek sal daarmee aanhou solank ek kan, dankie Juliana.”

Ria Maritz

“Ek het ook al gevoel dat ek nie vandag lus is om na die oefeninge te gaan nie. Ek het dalk nie lekker geslaap nie en voel nie goed nie of ek het hoofpyn. Teen wil en dank gaan ek maar oefen. As ons klaar is, voel ek vol moed om die dag in te gaan. Al die pyne en skete vergete! By die oefensessie raak jy ontslae van al jou negatiewe emosies. Die oefeninge gee vir my weer energie en sin vir die lewe. Tydens die inperking het ek baie frustrasies beleef. Ek was onvergenoegd, humeurig en ongeduldig. Ek moes daarteen waak om nie in depressie te verval nie. As gevolg daarvan het ek besef wat die oefensessies vir my beteken. Ek kon nie wag om weer te begin nie. Wat ‘n lekker gevoel om weer tussen jou vriende te wees en alles met mekaar te deel.
Voel jy dalk eensaam en alleen? Dan wil ek jou nooi om aan te sluit by Seniorfit60+ . Kom maak nuwe vriende en geniet weer jou lewe.”

Marie Wessels

“Ek het probleme met spatare. Die been oefeninge is uitstekend vir bloedsirkulasie.”

Sarie Rickard

“Just love the workouts, every movement is synchronized with lovely music 🎶, it helps with stiff joints, breathing, cardio and many other ailments, so happy to belong to SASFA ! Look forward to Monday’s and Fridays” 🤸‍♀️🧘‍♀️
Open chat