Van Ma na dogter – 32 jaar se genotvolle oefening

“In 1984 het my Mammie, Beppie van de Linde, as een van die eerste lede in Parow (Wes-Kaap) aangesluit en wel by klasse van Instruktriese Ria Maritz.
Sy was toe 69 jaar oud en het ‘n baie aftiewe lid gebly tot en met 1999.
Die groepie was baie bedrywig nie net met saaloefeninge nie maar hulle het die klub verteenwoordig op vele dorpsfeeste asook by verskeie  privaat geleenthede waar hulle dan gevra is om op te tree.

In 2003 is my mammie oorlede en in 2004 het ek aangesluit en was Ria Maritz nogs steeds die instruktriese tot 2018 toe sy die leisels oorgegee het aan haar skoondogter,  Juliana Le Roux Maritz.
Daarna oefen Ria nou saam met ons onder Juliana se uitstekende leiding.

Met die Corona Pandemie het Juliana daarvoor gesorg dat ons weekliks visuele oefeninge gekry het.
Die ontelbare voordele van ons programme is wat verstand en liggaam nie net in balans bring nie maar ons beslis fiks en gesond hou.

Tydens die pandemie het ek ‘n ernstige bekkenbeenonsteking ontwikkel en volgens my dokter was my volkome vinnige herstel grootliks te danke aan die oefeninge wat ons doen.

Die feit dat lede nou eers op ouderdom 90 hul erelid- sertifikate kan ontvang dui daarop dat die groot getal 80 plussers, waarvan ek self nou een is, nog aktief oefen.

Ten laaste, tussen my Mammie en myself lê daar nou tenminste al 32 jare van heerlike aktiewe deelname.
My hartlike dank aan al die betrokkenes en Voorspoed vir die jare vorentoe.”

Coby van de Linde