Ria Maritz

“Ek het ook al gevoel dat ek nie vandag lus is om na die oefeninge te gaan nie. Ek het dalk nie lekker geslaap nie en voel nie goed nie of ek het hoofpyn. Teen wil en dank gaan ek maar oefen. As ons klaar is, voel ek vol moed om die dag in te gaan. Al die pyne en skete vergete! By die oefensessie raak jy ontslae van al jou negatiewe emosies. Die oefeninge gee vir my weer energie en sin vir die lewe. Tydens die inperking het ek baie frustrasies beleef. Ek was onvergenoegd, humeurig en ongeduldig. Ek moes daarteen waak om nie in depressie te verval nie. As gevolg daarvan het ek besef wat die oefensessies vir my beteken. Ek kon nie wag om weer te begin nie. Wat ‘n lekker gevoel om weer tussen jou vriende te wees en alles met mekaar te deel.
Voel jy dalk eensaam en alleen? Dan wil ek jou nooi om aan te sluit by Seniorfit60+ . Kom maak nuwe vriende en geniet weer jou lewe.”